Kwaliteituitslae word deur Bethlehem Voortrekker Matriekklas 2021 behaal
ADVERTISEMENT
Bethlehem Voortrekker is besonder trots op sy 2021-matriekgroep: 142 uit 144 matrieks slaag met uitstekende uitslae: 98.6% slaagsyfer. Die ander 2 leerders kwalifiseer vir die hereksamen in Junie. Die kwaliteit van die uitslae is van besondere belang in ‘n uitdagende tyd. Uitstaande individuele prestasies behaal deur’n groot groep van ons leerders. Die leerders wat die Tegniese rigting gekies het as opsie, het ook baie goeie resultate behaal. ‘n N3 teorie kwalifikasie word word ook deur hulle behaal.
Ten opsigte van kwaliteit is dit belangrik om daarop te let dat leerders in totaal 235 onderskeidings behaal het. ‘n Groot aantal leerders behaal ‘n persentasie van 79% in verskeie vakke. Hulle doen aansoek vir hernasien in Maart. Die totaal onderskeidings wat na alle waarskynlikheid aansienlik sal verhoog sodra die hernasien van eksamenskrifte afgehandel is. Wat egter selfs belangriker is, dat 99.3% van BVHS se 2021-matrieks toelating tot tersiêre studies verwerf het. Van hulle kwalifiseer 83.8% vir graadstudies. Met hierdie prestasie word die skool weer eens onder die topskole in die Vrystaat geplaas. Hierdie syfers bewys weer eens dat Voortrekker, as komprehensiewe skool, sy leerders vir die toekoms voorberei. By Voortrekker word daar vir die leerders wat verder wil gaan studeer by universiteite voorsiening gemaak, sowel as vir leerders wat hulself vir ‘n ambag wil voorberei.
Ons leerders se individuele prestasies maak ons ook baie trots: Twee van hulle is onder die provinsie se Top 100, nl. Zelme Heyns met 7 onderskeidings en Niel Swanepoel met 7 onderskeidings.
Opsomming:
Hendro Botha spog 8 onderskeidings. 7 A’s: 5 4 het 6 onderskeidings, 7 het 5 elk, en 4 het 4 elk. Daarby het 8 leerders elk 3 onderskeidings,19 elk 2 en 55 leerders het elk een onderskeiding. Bethlehem Voortrekker wens sy presteerders, die matriekklas van 2021, ouers en onderwysers hartlik geluk – Volgehoue harde werk bring sulke sukses. 83.8% behaal matriekvrystelling vir graadstudie en 13.4% vir diploma.
2.1% Hoër sertifikaat.

Onderskeidings:
- 8 Onderskeidings: Hendro Botha
- 7 Onderskeidings: Zelmé Heyns,Niel Swanepoel,Daleen van der Merwe,Nadia Lombard,Annabelle Brüssow
- 6 Onderskeidings:Nicoleen Cronje,Thalja de Jager, Keean de Klerk
- 5 Onderskeidings: Mia Marais,Jany Schnetler,Carla Schutte,Mart-mari de Clerk,Heinrich Crous,Elani Cilliers,Neil Bishop
- 4 Onderskeidings: Jozelle Fourie,Carla Fourie,Tea-mari van der Merwe,Hendrik Poggenpoel
- 3 Onderskeidings: Givestro Argentino,Jeanette Carstens,Elri Corbett,Zahra Antoaroo,Ockert de Bruin,Refilwe Hatla,Tiaan Hattingh, Megan Lourenco 2 = 19 1 = 55

























