Hoërskool Zwartkop spog met MASA Suid-Afrikaanse MMA Nasionale kampioen
ADVERTISEMENT
Jacques Roux van Hoërskool Zwartkop het vanaf 27 tot 30 Junie by die Martial Arts South-Africa MMA Nasionale kompetisie deelgeneem waar hy altwee sy gevegte binne die eerste twee rondtes gewen het.
Jacques het ‘n goue medalje gekry en is as die MASA Suid-Afrikaanse MMA Nasionale kampioen gekroon. Hy is ook gekies om Suid-Afrika by IMMAF se MMA Wêreldkampioenskappe te verteenwoordig wat vanaf 16 tot 23 Augustus in Abu Dhabi gaan plaasvind. Jacques verower dus sy Suid-Afrikanse Internasionale Kleure!










