Hoërskool Stellenbosch het 9 cheerleaders in die Proteaspan
ADVERTISEMENT
Hoërskool Stellenbosch is baie trots op nege van hul cheerleaders wat gekies is om deel te vorm van die junior Proteaspan en gaan deelneem aan die Wêreldkampioenskappe in Florida, VSA in April 2025. Baie harde werk lê vir hierdie atlete voor en ons wens hulle alle sterkte toe. Hier is hulle saam met die Nasionale Direkteur van Cheerleading, Amanda Bowden.

V.l.n.r: Agter: Sophia Eksteen, Mary-Anné Basson, Schalk Botes, Odelia Krige, Daniella Smith Voor: Mehan Keller, Elrike Nel, Amanda Bowden, Zara Fourie, Luca Dell-Coetzee









