Hoërskool Ermelo netbal sluit seisoen af met goeie MPU-uitspele
ADVERTISEMENT
Die Mpumalanga-uitspele vir die netbal het op Vrydag en Saterdag, 7 en 8 Junie in WItbank plaasgevind. Hierdie is ’n harde twee dae vir die dogters met tussen ses wen agt wedstryde in twee dae. Hoërskool Ermelo het hul goed van hul taak gekwyt.
Die o.14A-span se uitslae is as volg:
- EHS wen vs Meridian met 24-3
- EHS wen vs Oosterland met 11-8
- EHS verloor vs Secunda met 6-16
- EHS verloor vs Nelspruit met 9-11(Kwartfinaal)
- EHS verloor vs HTS Middelburg met 17-5 (Semifinaal)
- EHS verloor vs HTS Middelburg met 11-14 (Finaal)
- Hierdie span eindig sesde in Mpumalanga
Die Hoërskool Ermelo KS Clothing eerste span het die volgende uitslae behaal:
- EHS wen vs Curro Nelspruit met 21-19
- EHS wen vs Khayalami met 57-6
- EHS wen vs Ki Twala met 50-16
- EHS wen vs Steelcrest met 47-9
- EHS wen vs Standerton met 30-16 (Kwartfinaal)
- EHS verloor vs Secunda met 26-40 (Semifinaal)
- EHS verloor vs HTS Middelburg met 26-27 (Finaal)
- EHS eindig algeheel vierdie in Mpumalanga
Baie geluk met ’n pragtige netbalseisoen, dogters. Die Erries is trots op die netbal!
Wianke Cloete
Hayley van der Walt
Katelyn Potgieter
Lenize Nel










