Hoërskool Centurion se provinsiale verteenwoordigers
ADVERTISEMENT
Hoërskool Centurion se provinsiale verteenwoordigers.
EERSTE NETBALSPAN SE MERKWAARDIGE REIS TOT LIGAWENNERS
Sommige spanne word onthou vir die trofeë wat hulle wen. Ander vir die nalatenskap wat hulle agterlaat. Ons eerste netbalspan van 2026 sal vir albei onthou word. Sedert hul o. 14-jaar het hierdie groep dogters gewys dat hulle bestem is vir groot dinge. Hulle het uitspele gehaal, die liga as o. 16’s gewen en vanjaar weer as onoorwonne LIGAWENNERS geskiedenis gemaak. Met trots, deursettingsvermoë en spanwerk het hulle elke uitdaging aangepak en die Woerie-embleem met onderskeiding gedra.Dankie aan elke speler, afrigter, ouer en borg wat deel was van hierdie
ongelooflike reis. Julle ondersteuning het hierdie prestasies moontlik gemaak.Die Woeries se o. 17-netbalspan het ook vanjaar tot die Tshwane-uitspele deurgedring. Ons vertel binnekort ook hulle storie.![]()
VAN O. 17A-DROME TOT TSHWANE-UITSPELE
Met harde werk, deursettingsvermoë en onwrikbare toewyding het die o. 17A-netbalspan alle verwagtinge oortref. Hulle het hulself bewys op die baan en deurgedring tot die Tshwane-uitspele; ’n prestasie waarop elke speler met reg trots kan wees. Hierdie seisoen het ’n sterk fondasie gelê vir volgende jaar se strawwe kompetisie. Julle het gewys dat ware sukses nie net gemeet word aan
waar jy eindig nie, maar aan die moed om aan te hou veg, die bereidheid om harder te werk en die vasberadenheid om nooit op te gee nie. Dankie vir elke oefening, elke wedstryd, elke opoffering en elke oomblik waar julle as span saamgestaan het. Julle het meer bereik as wat julle dalk self gedink het moontlik is en ons sien reeds uit na wat die toekoms vir hierdie besonderse groep inhou. Baie geluk, julle het ons trots gemaak!
NOORDVAAL, HIER KOM ONS!
Drie van ons hokkiespanne het na afloop van ‘n mededingende ligaseisoen na die Noorvaal-uitspele deurgedring wat op 30 Julie en 2 Augustus plaasvind. Die spanne is o. 14A, o. 15A en die eerste hokkiespan.Die o. 15A-span is ook as ligawenners aangewys. Baie sterkte, Woeries! Ons weet julle gaan ons naam hoog hou!
DIÉ HOKKIEDOGTERS IS BO-AAN HULLE LIGA
Baie geluk aan die o. 15A-hokkiespan wat uitstekende hokkie gespeel het en as die voorste span in hul liga geëindig het. Julle harde werk, toewyding en spangees het vrugte afgewerp. Ons is ongelooflik trots op julle prestasie!
o.17 Rugby
- Amahle Kilani
o.15 Rugby
- Salvation Honwana
- Cohen Claassen
Landloop AGN-span 15de
- Wilmari Hoffmann
Landloop AGN-span 12de
- Nina Keyser
Landloop AGN-span 11de
- Liandrie Roux
Landloop AGN-span 9de
- Jan-Hendrik Bredell
Landloop AGN-span 22ste
- Gerhard Nel
Landloop AGN-span 31ste
- Jonathan Pietersen
Landloop AGN-span 8ste
- Benedict Hubble
Landloop AGN-span 11de
- Johannes Bredell
Landloop AGN-span 21ste
- Jaco le Roux














