Hoërskool Bredasdorp leerder se kortverhaal bundel word gepubliseer
ADVERTISEMENT
Die Poort-skryfkompetisie is daarop gemik om skeppende talent onder hoërskoolleerders te ontdek, dit aan te moedig, te waardeer en aan ‘n groter gehoor bloot te stel. Dit is ‘n gevestigde kompetisie wat aangebied word deur die Suid-Afrikaans Akademie vir Wetenskap en Kuns vir gr 10 tot 12 leerders, asook persone wat ‘n jaar uit die skool is.
‘n Totaal van 501 skole het vanjaar deelgeneem. Malienke se kortverhaal is uit 427 dramas en kortverhale wat ingeskryf is, vir publikasie gekies. Slegs 37 skrywers val hierdie eer te beurt. Ons is baie trots op Malienke, ‘n gr 10-leerder, wat haar skrywerstalent entoesiasties uitleef en puik presteer.









