Die Hoërskool Brandwag oudleerder word aangewys as die 2de beste “Cluster B” Provinsiale Toppresteerder
ADVERTISEMENT
Tiaan Meyer is aangewys as die 2de beste matrikulant in “Cluster B” by die Provinsiale Toppresteerders Seremonie 2024 wat in Oos-Londen gehou is. Hy het ‘n Premierstoekenning vir sy uitstekende prestasie ontvang. In die foto is sy trotse ouers, Jacques en Bianca Meyer. Tiaan het vir al 7 sy vakke bo 90% gekry met ‘n algehele gemiddeld van 93,6%. Hy is aanvaar by die Universiteit van Stellenbosch om vanjaar medies te studeer. Die Hoërskool Brandwag is ontsettend trots op Tiaan.
















