Cradock Hoërskool se 1ste rugby span
ADVERTISEMENT
Cradock Hoërskool se rugby vorder besonders goed hierdie seisoen. Ons wen die volgende wedstryde en die tellings is as volg:
- Tarkastad Hoërskool 40-0
- Grens Hoërskool 8-7
- Asherville 17-0
- Andrew Rabie 44-5
- Camps Bay 49-0
- Union High 12-6
- Hoërskool Middelburg 17-5
- Aliwal-Noord 17-7
- Hoërskool Kirkwood 20-0
Ons verloor die volgende wedstryde en die tellings is as volg:
- Hoërskool Hangklip 5-12
- Hoërskool Burgersdorp 12-29
Die eerste span vertrek na die eksamen om in Gqeberha by die Westering-toernooi te gaan deelneem.Wedstryde teen Volkskool en Winterberg word gespeel in die derde kwartaal en die seisoen word dan afgesluit met interskole teen Gill.
CHS wens hulle alle sterkte toe met die komende wedstryde!










