[Dirkie Uys VS Jan Van Riebeeck ] Ons gesels met die o.19A rugbykaptein en hulle afrigter en deel die spanfoto’s
ADVERTISEMENT
AWSUM het met Hermann Hartung, o.19A rugbykaptein van Dirkie Uys gesels oor hulle span en Interskole.
Hermann Hartung
Wat is die hoogtepunt van jou rugbyloopbaan tot dusver? Die hoogtepunt van my rugbyloopbaan was 2022 se interskole. Dit was ‘n ongelooflike ervaring en iets wat ek vir altyd sal onthou.
Hoe motiveer jy jou span? Ek probeer my span motiveer deur motiverende praatjies asook om altyd daar te wees vir een en elke lid van die span.
Wie is julle onderkaptein en hoe staan hy jou by? Lisekho Tuntubele. Hy help my deur saam met my leiding te neem in die span. Hy lei nie net met woorde nie, maar ook met sy spel.
Waarna sien julle as `n span die meeste hierdie jaar uit? Ons sien die meeste uit na interskole. Dit is altyd ‘n spesiale geleenthied en ‘n eer om daarvan deel te wees. Hierdie jaar is dit tuis op Moorreesburg, wat dit nog meer spesiaal maak.
Wie is jou gunsteling Springbok rugbyspeler en hoekom? Eben Etsebeth. Ek speel ook slot en daar is niemand beter om na op te kyk as hy nie.
Wat is jou planne vir die toekoms? Ek gaan volgende jaar studeer en definitief aanhou om sport te beoefen.
Hermann Hartung
Wat sê Human Carstens en Albert van Zyl afrigters van Hoërskool Dirkie Uys?
Wat kan die skool en ouers hierdie jaar te wagte wees van julle span? Opwindende rugby.
Hoe is die samestelling van die span vir die Interskole? Enige beserings? Ons het probeer om soveel as moontlik kontinuïteit deur die jaar Te verseker en daarom is daar nie baie veranderinge in die beginspan nie.
Waar sou jy sê lê julle krag hierdie jaar? Ons het ‘n baie dinamiese span wat sorg vir ‘n lekker beweeglike “game-plan”.
Is daar enige afrigters waarna jy opkyk? Rassie Erasmus
Hier is die o.19 A rugbyspan:
1 Jetro Cleophas
2 Darren Delport
3 Schalk Senekal
4 Juan Kitshoff
5 Cornel du Toit
6 Dirk du Toit
7 Janre Engelbrecht
8 Hermann Hartung Kaptein
9 Khalipa Wisani
10 Joel Cloete
11 Corbin Mckrieling
12 Lisekho Tuntubele onder kaptein
13 Le-Warco De Vries
14 Lincoln Matthyse
15 Johan Mackenzie
Res Corne Basson
RES Dominic Van Staden
Res Hendri Basson
Res Jan Louis Coetzee
Res JG Nieuwoudt
RES Joshua Paul Swarts
RES Niclyde Jagers
RES Wayden Diedericks
Hiermee die rugby bepalings:










