2024 was `n hoogs suksesvolle karate jaar vir Laerskool Aristea
ADVERTISEMENT
2024 was `n hoogs suksesvolle karate jaar vir Laerskool Aristea se Daniël Fourie en Mnr. Raynier Fourie. Daniël het 2024 geëindig met 4 x dubbel goue Nasionale medaljes en Mnr. Fourie met 3 Nasionale Brons medaljes. Beide is gekies vir die Karate Suid-Afrika Nasionale Span wat Suid-Afrika 28 November tot 1 Desember by die Statebond Spele Kampioenskappe verteenwoordig!

(Links: Mnr. Raynier Fourie, Regs: Daniël Fourie)









