[Onderhoud] Riaan Keyser.: o.19A rugbykaptein van Tom Naudé THS
ADVERTISEMENT
AWSUM het met Riaan Keyser Tom Naudé THS se o.19A rugbykaptein oor die Bosveld Intervarsity gesels vs Hoërskool Pietersburg.
Riaan Keyser
Wat is die hoogtepunt van jou rugbyloopbaan tot dusver? Die hoogtepunt van my rugbyloopbaan is toe ek as ons skool se eerstespan-rugbykaptein gekies is.
Hoe motiveer jy jou span? Ek motiveer my span deur hulle positief en vol energie te hou en om seker te maak dat al die struikelblokke in die span uitgesorteer word.
Wie is julle onderkaptein en hoe staan hy jou by? Ons onderkaptein is Marnigh Brits en hy ondersteun my baie – ons vul mekaar baie goed aan.
Waarna sien julle as `n span die meeste hierdie jaar uit? Ons sien uit om die liga-wenners hierdie seisoen te wees.
Wie is jou gunsteling Springbokrugbyspeler en hoekom? My gunsteling Springbokspeler is Canan Moodie, omdat hy die jongste speler is en een van die bestes is. His post “A comfort zone is a beautiful place, but nothing ever grows there” inspires me as a player.
Lees die spesiale koerantuitgawe vir die naweek aanlyn of kry joune by die skool! Klik hier










