Laerskool Aliwal-Noord rugby uitslae
ADVERTISEMENT
Laerskool Aliwal -Noord O.7 seuns speel 3 wedstryde by Tjokkies. Die seuns verloor 3 – 2 teenoor hulle teenstanders Grey .Wen 5 -0 teenoor PBS en wen teenoor VIS 12 -1 Die Buffeltjies het baie goed gespeel en ons sien uit om te sien wat hulle die res van hierdie seisoen gaan maak.
o.9
Laerskool Aliwal -Noord O.9 ‘s neem deel by Fauna Primary School’s Rugby sportdag. Dit was n lang en moeilke wedstryd maar die rugbyspelers het dit geniet. Die o.9’s het baie moeilike wedstryde deur die loop van die dag gespeel, maar dit het hulle nie gekeer om as die oorwinnaars weg te stap nie. Hulle het in die dag se finaal gespeel teen Tjokkies B en het die wedstryd 14 – 0 gewen. Jacobus Odendaal is as speler van die finaal aangedui.
Hulle resultate van die dag:
- LSAN vs Brandwag: 5 elk
- LSAN vs Fichardt Park B: 31 – 0 LSAN wen
- Semi-final: ANPS vs Fauna: 12 – 0 ANPS won
- Final: ANPS vs Tjokkie B: 14-0 ANPS
Die o.9’s sien baie uit vir die res van hulle seisoen.












