Hoërskool Volksrust vang gees tydens hul wintersportbyeenkoms
ADVERTISEMENT
Die “Big Brag”-wintersportbyeenkoms by Hoërskool Volksrust is op Vrydag 27 Februarie gehou en dit was behoorlik ‘n opwindende viering van talent, spanwerk en skooltrots. Die atmosfeer was lewendig, met entoesiastiese ondersteuning van leerders en onderwysers op die paviljoene. Elke span se kaptein en onderkaptein is aangekondig wat erken is vir hul toewyding en leierskap, en dit het groot opgewondenheid by die toeskouers veroorsaak.

Hokkie Dogters Eerstespan

Netbal Eerstespan
Daarna is ons 1ste spanne van hokkie, seuns en dogters, netbal en rugby ook aangekondig. Die geleentheid het die skoolgemeenskap bymekaargebring in ‘n gees van eenheid en trots. Ons wens die spanne sterkte toe vir die seisoen wat voorlê. Gaan maak ons trots Volkies!

Rugby Eerstespan

Seunshokkie Eerstespan









