Hoërskool Stellenberg leerders se SA Taalbond-Uitslae
ADVERTISEMENT
Die SA Taalbond is ‘n organisasie wat sedert 1953 jaarliks ‘n tweetaligheidseksamen (Afrikaans en Engels) vir hoërskoolleerlinge regoor Suid-Afrika aanbied. Dit is die enigste geleentheid vir leerders om hulle tweetaligheid te bepaal en ‘n sertifikaat wat hul tweetaligheid aandui, te verwerf. Hoërskool Stellenberg skryf jaarliks hul topleerders, wat Afrikaans Huistaal as vak neem, vir hierdie kompetisie in. Ons leerders het hulle uitstekend van hul taak gekwyt en die volgende uitslae behaal:
- Almari Beukes (gr.11) behaal nasionaal ‘n agste plek,
- Mischa Bester behaal ‘n sewende plek en
- Lydia Bower behaal ’n skitterende vierde plek.
Ons is ongelooflik trots op hierdie talentvolle taalspesialiste!
![]()










