Hoërskool Ermelo leerders woon Provinsiale Landsdienskamp by
ADVERTISEMENT
Erries neem deel aan Landsdiens Provinsiale Kamp Vanaf Woensdag 28 Junie tot Sondag 2 Julie het vyftien Erries vanjaar se Landsdiens Provinsiale Kamp te Nkambeni Safari-kamp in die Krugerwildtuin bygewoon. Dit was beslis ‘n kamp vir die boeke! Die leerders is in groepe ingedeel en het gedurende die vyf dae onder meer die volgende aktiwiteite gedoen: “brain teasers”, arbeid, ‘n “warrior race”, handwerk en “fun fest”. ‘n Spesiale aktiwiteit is aangebied by die George Mhaule Primêre Skool waar die leerders klaskamers geverf het, banke geskuur en vernis het, asook vloere en stoele gewas en geskrop het. Oudergewoonte is daar ‘n markaand aangebied waar leerders hul selfgemaakte items verkoop het, elke groep moes deur die loop van die kamp ‘n eie musiekvideo maak en wat is ‘n kamp nou sonder samesang saans asook ‘n heerlike sokkie die laaste aand!
Ons dank die Here vir hierdie wonderlike geleentheid asook sy hand van bewaring oor ons leerders. ‘n Besondere woord van gelukwensing ook aan die Erries wat gekies is vir die nasionale kamp wat DV vanaf 9-14 Desember aangebied word asook Franco Gibbens (gr. 9) wat as die provinsiale juniorleier van die provinsie aangewys is.
Die groep Erries wat op die kamp was










