[Durbanville VS Stellenberg] o.19A dogtershokkiekapteins en hulle afrigters gesels
ADVERTISEMENT
AWSUM het met Kayla Viljoen , o.19A dogtershokkiekaptein van Hoërskool Durbanville en met Nina Adlem, o.19A dogtershokkiekaptein van Hoërskool Stellenberg gesels oor hulle span en Interskole.
Kayla Viljoen
Wat is die hoogtepunt van julle span se seisoen sover? Die hoogtepunt van die seisoen was toe ons die geleentheid gekry het om vir die eerste keer onder ons nuwe spreiligte teen William’s Borlase’s Grammar School gespeel het. Die deelname aan die Cape Town Internasional Tournament is ook een van die span se hoogtepunte. Ons het ‘n rowwe begin gehad, maar het in elke wedstryd verbeter en het mekaar op die veld gevind.
Wie is julle onderkaptein en hoe staan sy jou by? Zané Grobbelaar. Sonder Zané, sou ek nie die kaptein gewees wat ek is nie. Sy is nie bang om die realiteit in die gesig te staar nie, en speel soms “bad cop” as ek dit nie wil speel nie. As dinge oorweldig raak, is sy altyd daar om my te help en wil ook net altyd die beste vir die span hê.
Wat wil julle as `n span die jaar bereik? Wat sal jou trots maak? Dit is belangrik om die definisie van ‘n spansport uit te leef. Dit is belangrik dat ons elke wedstryd net ons beste sal gee, en uit ons foute te leer, sodat ons met elke wedstryd kan verbeter. Ons wil ook dat elke speler hulle rol vervul tot die beste van hul vermoë. Ons wil in die WP Premierliga bly, asook Interskole wen.
Wat is jou planne vir die toekoms? Ek wil Internasionale Besigheid by die Noordwes Universiteit gaan studeer.
Kayla Viljoen
Wat sê Robin Pearton, Hoofafrigter van Hoërskool Durbanville?
What can the school and parents expect from your team this year at the Interschools? I think this year’s team has grown tremendously; they have shown character against some of the biggest teams in the Western Province league. It is always difficult when you move up a league. I think the girls are ready to take on the challenge of playing against Stellenberg, but the game is not going to be easy. Stellenberg is a good team, and we will not underestimate the challenge they will pose for us.
Where is your strength as a team? Our strength as a team comes from being the underdog, it’s that hunger to prove yourself and the will to keep going. Like they say, it is not the size of the dog in the fight, but the size of the fight in the dog. We will be ready to fight with all that we are.
Nina Adlem
Wat is sover die hoogtepunt van julle span se seisoen? Na ‘n moeilike verloor aan die begin van die seisoen, het ons span deurgedruk en die week daarna vir Rustenburg Girls’ High School, een van die uitdagendste opponente, gewen. Dit was ‘n groot vertoon van krag en vasberadenheid en het vir die res van die seisoen vir ons momentum gegee!
Hoe motiveer jy jou span? Ek probeer altyd om my span te motiveer deur op die positiewe aspekte te fokus, en hulle aan te moedig wanneer hulle iets nuuts probeer. Ek glo dat positiewe terugvoer noodsaaklik is vir enige speler se groei.
Wie is julle onderkaptein en hoe staan sy/hy jou by? Ons onderkaptein is Keziah Petersen. Sy motiveer my en ons span met haar uitmuntende spel en vasberadenheid op die veld. Sy moedig ons ook aan met die wyse waarop sy op die hokkieveld speel!
Wat wil julle hierdie jaar as ‘n span bereik? Wat sal jou trots maak? Ons sal graag onder die topdrie wil eindig. Dit sal my baie trots maak om te sien hoe ons span die liga op ‘n hoë noot teen Durbanville afsluit. Ek glo ons span het baie diepte en dat ons in die volgende paar jaar nog hoë hoogtes sal bereik. Selfs al speel ek nie meer in die span nie, sal dit my trots maak om hulle prestasies getrou te volg!
Wat is jou planne vir die toekoms? Ek wil volgende jaar graag medies studeer en eendag as chirurg praktiseer. Die lesse wat ek in my hoërskoolsportloopbaan geleer het, sal ek vir die res van my lewe koester en met my saamdra. Selfs al is my toekomsplanne akademies van aard, sal my liefde vir hokkie altyd voortleef.
![]()
Wat sê Paulene de Bruin, Hoofafrigter van Hoërskool Stellenberg?
What can the school and parents expect from your team this year? It has been an exciting year for our girls. We started off the season losing to Curro Durbanville, but after that loss the girls recalibrated. After our set-back, we have done very well in our league and game, and to date we hold the second position in the Western Province Grand Challenge league.
Where is your strength as a team? We have a powerful and exciting midfield, but our strength comes from the unity and closeness of our team.
Lees die aanlyn weergawe van die kragmeting hier:










