Augsburg Landbougimnasium geniet sporttoere gedurende die vakansie
ADVERTISEMENT
Augsburg Landbougimnasium o.19A-rugbyspan het vanaf 27 Maart tot 1 April aan die Oakdale-rugbyweek in Riversdal deelgeneem. Dit was vir hulle ’n besondere geleentheid om waardevolle wedstrydervaring op te doen, terwyl hulle ook die kans gehad het om tussenin te ontspan en die toer te geniet.
Ons hoërskool-netbalspanne, vanaf o.14A tot o.19A, het vanaf 30 Maart tot 2 April aan die Paarl Gimnasium Netbalfees deelgeneem. Elke span het tussen ses en agt wedstryde gespeel. Hierdie blootstelling en wedstrydervaring lewer ’n waardevolle bydrae tot die komende wintersportseisoen.
Baie geluk aan al ons spanne met jul goeie uitslae. Julle gesindheid op én van die baan en veld is werklik iets om op trots te wees. Julle het Augsburg met trots, waardigheid en goeie sportmangees verteenwoordig.
Ons spreek ook ons opregte dank uit teenoor al die afrigters wat hul vakansietyd afgestaan het om ons spelers aan hierdie geleenthede bloot te stel en te begelei. Julle toewyding en opoffering word opreg waardeer.
’n Hartlike dank ook aan al ons borge. Sonder julle ondersteuning sou hierdie geleenthede nie moontlik gewees het nie. Julle bydrae tot die ontwikkeling van ons leerders en sport word opreg waardeer. Een span. Een droom. Een Augsb
urg
















