Hoërskool Kathu spog met Martial Arts prestasies
ADVERTISEMENT
Hoërskool Kathu is ongelooflik trots op 3 leerders van Hoëskool Kathu en lede van Konoha Martial Arts Kathu wat tydens die afgelope skoolvakansie (14–15 Junie) aan die Martial Arts South Africa Provincials in Bloemfontein deelgeneem het.
Uitslae:
- x5 Goud – Kyle Barendse
- x3 Goud – Minke Barendse
- x1 Goud, x2 Silwer, x1 Brons – Shaun Kleyn
’n Spesiale gelukwensing aan Kyle en Minke Barendse wat deurgedring het na die MASA Nationals in Pretoria!Baie geluk aan elkeen van julle , julle harde werk en deursettingsvermoë wys regtig vrugte!










