[Stellenberg VS Durbanville] Hoërskool Stellenberg o.19 A rugbyspanne
ADVERTISEMENT
Hier is die A-rugbyspanne van Hoërskool Stellenberg: Kom ondersteun die rugbyspanne 16-17 Augustus. AWSUM het met hulle afrigter Divan Batt gesels.
Wat kan die skool en ouers hierdie Interskole van julle span verwag? Ons sien uit na ‘n baie harde wedstryd hierdie jaar en die ouers en skool kan verwag dat ons goed voorbereid sal wees met n plan of twee…
Hoe berei julle span in die week tot aanloop van Interskole voor? Ons gebruik Dr. Jannie Botha deur die seisoen as ons sportsielkundige om ons span geestelik voor te berei. Vir ons spel op die veld, sal ons vir elke wedstryd voorberei volgens ons wedstrydplanne.
Waar sou jy sê lê julle krag hierdie jaar? Ons het hierdie jaar ‘n gebalanseerde span. Ons verdediging en die vaste fasette is baie belangrik
vir ons.
Wie het die grootste invloed in jou lewe as afrigter gehad? Is daar iemand na wie jy opkyk? Ons het ‘n baie goeie en sterk afrigtersgroep. Die grootste invloed kom van my afrigterspan: Jaco Laubscher, Louw Lombaard, Andras Molnar en Marnus Myburgh. Hulle doen amal hul deel om sukses te verseker. Mnr. Du Preez, ons Hoof van Rugby is natuurlik die gom wat alles bymekaar hou. Dr. Jannie Botha het ook ‘n groot invloed op die laaste paar seisoene gehad.
Watter boodskap dra jy aan jou span oor net voor hulle op die veld hardloop? Ons sal baie takties praat en fokus op die volgende taak. Ons, as span, is prosesgedrewe en hou ons fokus op die proses eerder as die uitkomste…
o.19A
Déan Janse van Rensburg
Almero Keizer
Ryk Groenewald
Daniel du Plessis
Dale du Toit (k)
Zian Erasmus
Alex Schoeman
Stefan Visser
Christiaan van der Bijl
Dehan Neethling
Luc Cilliers
Ruben Pretorius (o.k)
Estian Steyn
Luka Tonitz
Marco Staples
Lees die spesiale koerantuitgawe vir die naweek aanlyn of kry joune by die skool! Klik hier:










