Noord-Suid Rugbytoernooi: AWSUM gesels met Hoër Jongenskool Paarl se Afrigter
ADVERTISEMENT
Hoor wat sê die afrigter Sean Erasmus van Hoër Jongenskool Paarl wat die naweek aan die Noord-Suid rugbytoernooi gaan deelneem.
Wat kan die skool en ouers hierdie jaar te wagte wees van julle span? Dit bly maar elke seun se droom om vir Boishaai se 1ste span uit te draf. Elke seun sal altyd op die veld draf en sy beste gee vir sy skool, familie en vriende. Seuns het lank laas ʼn vol jaar rugby gehad; so ek kan net sien dat daar mooi rugby gespeel gaan word.
Waar sou jy sê lê julle krag hierdie jaar? Ons span is goed gebalanseerd en ek dink ons sal graag as ʼn eenheid voor en agter goed wil speel.
Wat is die moeilikste aspek van `n skole afrigter se taak? Elke seun wil eerste span speel en dis moeilik om vir iemand nie daardie geleentheid te kan gee nie. ʼn Mens wil graag hê almal moet gelukkig wees.
Skole rugby word al hoe sterker, waarom sou jy sê is dit so? Dit bly ʼn bron van pure rugbyplesier! Die seun speel vir sy familie en vir sy skool, en trots en passie is deel van die spel. Skoolvelde word gekenmerk deur passievolle ondersteuners en die seuns geniet dit om vir hulle te speel.
Sean Erasmus (Boys afrigter)










