HS Durbanville gholf kwalifiseer vir SA kampioenskap
ADVERTISEMENT
Hoërskool Durbanville het 2 gholfspanne ingeskryf om op Sondag 15 Mei aan die WP Streek Kwalifiserende rondte by Bellville Gholfklub deel te neem.
Skole van reg oor die WP, insluitend die Noordelike- en Suidelikevoorstede het deelgeneem.
Durbanville se A-span, bestaande uit Heinrich Haasbroek, Liam Adonis, Henru Walters en Henry Rudder wen die kompetisie met 6 houe teenoor die naaste span, TGSE en 11 houe voor Bishops.
Liam Adonis eindig die dag in die eerste plek op ‘n telling van -2 (2 onder baansyfer) en Heinrich Haasbroek eindig gesamentlik in die derde posisie op +2 (2 oor baansyfer).
Hiermee kwalifiseer Hoërskool Durbanville vir die SA Kampioenskap, wat 1-2 Augustus by Humewood Gholfklub in PE sal plaasvind.
Baie geluk Durbies met hierdie puik prestasie, ons is trots op julle.
#TrotsDurbanville

Gholf WP Wenners. V.l.n.r. Henry Rudder, Liam Adonis, Henru Walters, Heinrich Haasbroek.









