Augsburg Landbougimnasium se 2023 leiers woon opleiding en beplanningskamp by
ADVERTISEMENT
Augsburg Landbougimnasium se VRL en SRVL 2023 het hul jaarlikse opleiding en beplanningskamp te Donkieskraal bygewoon. Augsburg Landbougimnasium se waardes is deeglik ondersoek en planne is gemaak hoe om elke Augsie en nuwe Kuiken by hierdie waardes-weermag te betrek.
Die tema die jaar was “vegters”, en hierdie klomp besonderse leerders is meer as gereed om hul gewig in te gooi en te veg vir elke leerder, elke onderwyser en elke ouer om ons skool tot nuwe hoogtes te neem.












