Augsburg Landbougimnasium geniet die HTS Drostdy sportdag
ADVERTISEMENT
Die wintersportseisoen is amptelik aan die gang. Augsburg Landbougimnasium se hoërskool netbal- en rugbyspanne het Saterdag 7 Maart 2026 aan die sportdag by HTS Drostdy in Worcester deelgeneem. Dit was ’n waardevolle eerste toets vir ons spanne en ’n goeie geleentheid om die nuwe wintersportseisoen af te skop.
Al het die uitslae nie altyd in ons guns getel nie, het ons spelers met vasberadenheid, spanwerk en ware Augsburg-gees aan elke wedstryd deelgeneem. Sulke wedstryde bou karakter, leer waardevolle lesse en berei spanne voor vir die uitdagings van die seisoen wat voorlê.
Ons is trots op elke speler wat die Augsburg-kleure met oorgawe en trots gedra het. Baie dankie aan HTS Drostdy vir die gasvryheid en die geleentheid om deel te wees van ’n uitstekende sportdag.












