Stellenberg VS Durbanville: Hoërskool Stellenberg o.19A netbalspan
ADVERTISEMENT
Kom ondersteun die eerstespan Saterdag 20 Augustus om 11:15 op die STB Baan 1:
AWSUM het met hul afrigter, Megan Oosthuizen, gesels.
Wat kan die skool en ouers hierdie jaar by Interskole te wagte wees van julle span?
Verseker ‘n vol pawiljoen van toeskouers. Na twee jaar van geen sport is mense honger om sportgeleenthede by te woon. Hulle kan ook briljante netball verwag. Altwee spanne het ongelooflik baie talent. Die span wat hulle geleenthede gaan benut en die minste foute gaan maak, sal op die ou einde die wenner wees.
Waar sou jy sê lê julle krag hierdie jaar?
“There is no I in team”- as ons die wedstryd kan aanpak en as ‘n eenheid speel, sal niks ons onderkry nie. Ons het al nege spelers in ons span nodig om ‘n verskil te maak.
Wat is die moeilikste aspek van `n skole afrigter se taak?
Om die spelers te leer om druk te hanteer. Hulle is tog nie net op skool vir netbal nie. Hulle moet leer om alles in die lewe te balanseer. Elke speler is ook anders en as afrigter moet ‘n mens onthou dat hulle net 16, 17 of 18 jaar oud is. Dit is vir my belangrik om nie net goeie spelers te ontwikkel nie, maar om ook vir hulle lewensvaardighede te leer wat hulle vir ewig sal bybly.
Hier is die o.19A netbalspan van Hoërskool Stellenberg.
Amy-Lee Kritzinger
Andrea van der Merwe
Anke Kannemeyer
Danica Lotter
Karu van der Vyver
Olivia Dreyer
Owami Mafata
Taneeka Carstens
Tania Nel
Lees die digitale weergawe van die AWSUM Interskole koerant aanlyn hier.










