Twee Hoër Volkskool Potchefstroom-swemmers het uitsonderlik presteer by onderskeidelik die Suid-Afrikaanse kampioenskappe in Somerset-Wes, en die TUKS NTS Gala, aangebied by Curro Hazeldean. Francois Goosen eindig 16e in Suid-Afrika in die inividuele medley by die SA’s en Ewald Bartleman palm 4 plekke in by Hazeldean. Hy wen die 400meter vryslag, 400meter medley, 200meter borsslag, en kry ‘n silwer medalje in die 200meter vryslag.