WP-kleure vir 15 atlete van Laerskool Gene Louw
ADVERTISEMENT
Vyftien atlete van die Laerskool Gene Louw het hul WP-kleure verwerf met ’n uitmuntende vertoning by die WP-atletiekkampioenskap by die Dal Josafat-stadion in die Paarl op Woensdag 28 Februarie. Hulle sal eerskomende Saterdag 9 Maart by die Wes-Kaap-kampioenskapsbyeenkoms, ook by Dal Josafat, deelneem.

Voor van links: Tiaan Mastenbroek, Christiaan Coetzee, Annebelle Groenewald, Jean-Luc van der Westhuizen, Milan Fourie, Jean Laubscher, Corné Conradie, Saskia Mastenbroek. Agter: Inge Hinze, Abongile Xotyeni, Carla Barnard, Travis Eberhardt, Viljoen Botha, Imke Roux, Hannah Coetzee.
Foto krediet: Grethe de Waal









