Westcliff Vaardigheidskool triomfeer by interskole
ADVERTISEMENT
Westcliff Vaardigheidskool het geskiedenis gemaak op 3 Februarie 2026, deur die interskole-byeenkoms teen verskeie ander Vaardigheidskole in die Kaap-streek te wen.Wat dit nog meer spesiaal maak, is dat die skool sy 70ste verjaarsdag vanjaar vier. Die leerders het deurgaans uitstekende sportmanskap, deursettingsvermoë en spanwerk getoon.

’n Hoogtepunt van die dag was die onder 19-aflosspan wat ’n groot verskil gemaak het deur die finale baanitem oortuigend te wen en sodoende die algehele oorwinning vir die skool te beklink. Vier atlete wie se vasberadenheid en samewerking hul skool trots gemaak het. Hierdie prestasie getuig van die harde werk van die atlete en hul afrigters, en bevestig weereens Westcliff Vaardigheidskool se groeiende reputasie as ’n krag om mee rekening te hou in skolesport.

Van links is Chandler Jacobs, Jayden Damons, Chadley Jacobs en Rafeeq van Schalkwyk









