Wes-Kaap skaak prestasie vir Laerskool Gansbaai
ADVERTISEMENT
Sewe leerders van Laerskool Gansbaai is gekies vir die Wes-Kaapse skaakfederasiespan, wat vanaf 14 tot 19 Desember aan die Mzansi Interprovinsiale Skaakkampioenskap in Polokwane gaan deelneem. Hulle is:
Luandi van der Linde
Danielle Stevens
Heinrich Buhr
Hanro Coetzer
Anneke du Preez
Lihan lourens
Rossouw Coetzer
Baie geluk met jul wonderlike prestasie, ons weet julle sal ware Gansie-ambassadeurs wees en ons trots maak!










