Vier van Hoërskool Volksrust het aan die eerste rondte van die ATKV-redenaars deelgeneem
ADVERTISEMENT
Vier van Hoërskool Volksrust se leerders het die afgelope week aan die eerste rondte van die ATKV-redenaars te Hoërskool Ermelo deelgeneem. Vutomi Makhubele en Nico Nel het uitgeblink in die onvoorbereide kategorie, terwyl Nardos Mesfin en Ninivé Potgieter hul staal gewys het met hul voorbereide toesprake. Al die leerders het hul uitstekend van hul taak gekwyt en het baie goeie repliek ontvang van die beoordelaars. Die uitslae word egter eers later bekendgemaak. Ons hou styf duimvas dat hul tot die volgende rondte sal deurdring.











