Uitmuntende musiek prestasie vir Hoërskool Diamantveld
ADVERTISEMENT
Hoërskool Diamantveld spog met Albert Hamman en Juan Krüger, wat uitstekende prestasies behaal het. Albert Hamman het beide ‘n 1ste en ‘n 3de plek verower in die KAM Solo kompetisie vir trompet en klavier. Albert en Juan Krüger het ook in die KAM Fees Simfonie Orkes gespeel. Die simfonie orkes bestaan meestal uit musiekonderwysers en dosente. Juan Krüger is ingesluit in die orkes wat in November gaan optree in ‘n jaareind konsert. Juan is ook aangewys as een van die top presteerders vir Graad 5 Tjello in die Noord-Kaap en Vrystaat en is genooi om in die Presteerder Konsert in Bloemfontein op 3 November 2024 te speel.

Albert Hamman en Juan Krüger









