Twee skrywers het by Laerskool Worcester-Oos kom kuier
ADVERTISEMENT
Twee skrywers het by Laerskool Worcester-Oos kom kuier! Wat ‘n voorreg was dit nie om Linda Rode en Troula Goosen te ontmoet nie! Linda Rode het twee stories vir die gr. 1 – 3’s voorgelees wat hulle baie geniet het. Sy het ook haar boek, “Nimmer” vir ons skoolbiblioteek geskenk. Daarna het Troula Goosen vir die gr. 4 – 7’s vertel van haar stories “Sproetebessies” en die “Raaisel” – die reeks. Die leerders het hulle behoorlik ingeleef in haar avonture. Helene van NB-Uitgewers/Publishers het hulle vergesel en daarna is hulle na die biblioteek waar al die interessantste boeke te koop aangebied is deur The Book Box – Cape Town. Die leerders en ouers het behoorlik hulle hande in hulle sakke gesteek om ‘n boek te koop.









