Toppresteerders van Hoërskool Swellendam skitter by die Gala-Aand
ADVERTISEMENT
Hoërskool Swellendam se top akademiese presteerders van 2025 het op Vrydagaand 30 Januarie erkenning ontvang tydens die skool se jaarlikse gala-aand. Leerders het die aand saam met hul ouers en mede-Swellies geniet, terwyl ‘n gasspreker die gehoor toegespreek het.
Graad 8 Toppresteerders
Emily Gugel, ’n oud-Swellie en internasionaal ervare PR-strateeg en kreatiewe reiskonsultant, het haar lewenslesse gedeel. Sy het leerders aangemoedig om hulself as individue met unieke talente te sien, hul eie loopbaankeuses te maak ongeag groepsdruk of “tendense” en altyd hul passies en drome na te jaag.
Graag 9 Toppresteerders
Baie dankie aan mev. Retha van Papendorp, wat weereens ’n uitmuntende driegangmaaltyd vir die leerders en hul ouers voorberei het. Die gala-aand het nie net akademiese uitnemendheid gevier nie, maar ook leerders gemotiveer om met selfvertroue hul eie paaie te volg ’n ware bewys dat Hoërskool Swellendam nie net prestasie erken nie, maar ook karakter en drome kweek.
Graad 10 Toppresteerders
Graad 11 Toppresteerders













