TMT (Leap)-span besoek Hoërskool Swellendam
ADVERTISEMENT
Verlede week het Hoërskool Swellendam die voorreg gehad om die TMT (Leap)-span te ontvang. Hul besoek het ‘n kragtige boodskap van hoop en geloof gebring, aangesien hulle persoonlike getuienisse oor hoe hul lewens deur hul verhouding met Jesus verander is, gedeel. ‘n Hoogtepunt van die week was die getuienis van die Olimpiese swemmer, Ethan Kruger, wat gepraat het oor sy reis as atleet en hoe die Here sy lewe ten goede beïnvloed het. Sy woorde, tesame met dié van die res van die span, het leerders aangemoedig om sterk in hul geloof te bly en op God se plan vir hul lewens te vertrou.
Die TMT (Leap)-groep se vriendelikheid en openheid het hul tyd by ons skool werklik spesiaal gemaak. Alhoewel hul besoek slegs ‘n week geduur het, sal hul impak vir baie langer by ons bly. Dit was ‘n eer om hulle in ons skoolgemeenskap te verwelkom.










