Tennis uitslae vir Paul Roos Gimnasium
ADVERTISEMENT
Baie geluk aan Paul Roos Gimnasium se o. 15-tennisspan wat die David Samaai Tennistoernooi vir die derde agtereenvolgende jaar gewen het deur die sterk span van Paarl Boishaai in die finaal met 5 – 3 te wen. Die span was: Dawid Fourie, Christian Oberhofer, Daneel Bester, Dawid-Wiese Viljoen, Christian Swart, Liyema Mancoba en Nicholas Fillis. Die span se uitslae was soos volg:
- PRG wen Boishaai-uitnodigingspan: 9 – 0
- PRG wen Bellville HS: 9 – 0
- PRG wen Paarl Gim: 7 – 2
- PRG wen Stellenberg HS: 9 – 0 (semifinaal)
- PRG wen Paarl Boishaai: 5 – 3 (finaal)
Die finale stand van sake na die toernooi was:
- Paul Roos Gimnasium
- Paarl Boishaai
- Paarl Gimnasium
- Stellenberg
- Bellville HS
- HJS-uitnodigingspan
- Diamantveld HS
- Stellenbosch HS










