Tennis prestasie vir Laerskool Stulting
ADVERTISEMENT
Laerskool Stulting is ongelooflik trots om aan te kondig dat Saskia van Loggerenberg, ’n Graad 6-leerder by Stulting, in Januarie aangewys is as “Speler van die Jaar 2025” by Playmaster Tennis Academy. Hierdie besondere prestasie is behaal te midde van ongeveer 100 privaat spelers, asook ander skoolgroepe wat nóg 50+ spelers insluit – ’n merkwaardige erkenning van haar talent en toewyding!
Volgens Clint Stoltz, Hoofafrigter van Playmaster, is hy uiters trots en beïndruk met Saskia se baan-etiek, harde werk en deursettingsvermoë. Haar voortdurende groei en verbetering, saam met die feit dat sy links speel, maak haar ’n gevaarlike en onvoorspelbare teenstander. Sy is beslis ’n speler wat enige afrigter graag in sy span wil hê!
Baie geluk, Saskia! Stulting is ongelooflik trots op jou prestasie en wens jou nóg groter hoogtes toe!










