Skrywer besoek Hoërskool Swartland
ADVERTISEMENT
Hoërskool Swartland was bevoorreg om ‘n besoek van skrywer Hannes Barnard te ontvang. Hy is die skrywer van titels soos Halley se komeet, Wolk en Roet. Hannes het ons gr. 8-10 leerders toegespreek en opnuut herinner aan die belang en genot van lees. Dankie vir jou moeite om by ons te kom kuier, Hannes Barnard. Indien enige leerder van sy leesboeke wil bestel, kan hulle ‘n draai by me Symington maak.










