Worcester-Noord Primêre Skool ruiter gekies vir provinsiale span
Isabella Hugo het 9, 10 en 11 Augustus in George aan perdry deelgeneem om die Cape Winelands span te verteenwoordig. Sy het vir Dressering deurgedring tot die Wes-Kaap span. Die Noordjies is baie trots op haar.