Laerskool Vredendal somersport hoogtepunte
Laerskool Vredendal somersport hoogtepunte. Atletiek: Victor Lategan is aangewys as die Victor Ludorum tydens ons jaarlikse Kleure Atletiek. Chrislyn van der Heever is aangewys as ons Victrix Ludorum tydens ons jaarlikse Kleure Atletiek. Victor en Victrix Ludorum vir 2023. Victor Lategan en Chrislyn van der Heever. Die Groenspan ontvang die Geesbeker vir 2023. Die Geelspan se leiers ontvang die beker as wenspan op vir 2023.

Geelspan leiers

Groenspan geesbeker

Victor en Chrislyn

Victor Lategan
Ons is trots om vanjaar 70 atlete by die NWB Atletiekbyeenkoms te kon hê.

NWB Atletiekbyeenkoms
Altesaam 50 atlete het in Paarl aan die Boland Atletkiekbyeenkoms gaan deelneem.

Boland atletiek
Laerskool Vredendal het deelgeneem aan ‘n nuwe Driehoek atletiekbyeenkoms tussen Laerskool Vredendal, Augsburg Landbougimnasium en Laerskool Olifantsvallei. Laerskool Vredendal is aangewys as 2023 se wenners.

Driehoek atletiek
Tennis: Katie en Leentjie Swanepoel het die Boland Kavaliers(12B) tennisspan by die Synergy Cup in Kimberley verteenwoordig.

Katie en Leentjie
Rugby: Laerskool Vredendal se 0.13 Rugbyspan pak ‘n paar groot name aan. Hulle speel teen Laerskool Hugo Rust en Laerskool Robertson tydens die Boland Landbou rugbydag. Hulle speel Paarl Gimnasium en neem deel aan die Kobus Wiese, Val de Vie rugbytoernooi.

Rugby o.13