Hoërskool Swartland swemnuus
ADVERTISEMENT
Hoërskool Swartland se swemmers het vandag te Worcester deelgeneem aan die Seshoekige Swemgala.
Swartland se leerders swem fantasties en wen die gala met 644 punte. Hoërskool Hugenote is in die tweede plek en Worcester Gimnasium eindig derde.
Op die foto verskyn mnr Wilhelm Fröhlich, Schalk Burger en Toné Malherbe – Swartland se swemkapteine.
Baie geluk, swemmers! Ons is baie trots op julle!
Baie dankie aan die volgende personeel: mnr Spies, me Gerda du Plessis, me Helena Kalp, me Marietjie Nelson en oom Freek.