Hoërskool Swartland tennisspelers wys hul staal in Bredasdorp tennistoernooi
Hoërskool Swartland tennisspelers het die voorreg gehad om 16-18 Februarie aan die Bredasdorp-tennistoernooi te gaan deelneem. Dag een het ons leerders teen Hoërskool Bellville gespeel en goed weggespring met ‘n wen. Ons sou teen drie skole speel, maar die reën was ‘n stok in die speek. Dag twee het ook goed verloop met ‘n wen teen Augsburg Gimnasium, sowel as ‘n wen teen Hoërskool Strand. Ons spelers moes egter die knie teen Bredasdorp buig nadat hulle die wedstryd met een punt wen.
As gevolg van die reën, kon ‘n wenner nie bepaal word tussen HSS en Bredasdorp nie, daarom was beide skole gelukkig genoeg om medaljes te ontvang. Baie geluk aan ons spelers, te oordeel aan die foto’s was dit vet pret!