Hoërskool Swartland sê dankie vir Motorborgskap
Baie dankie aan die Fuzion-groep, Perdeberg Isuzu (Malmesbury), vir die borg van ‘n 2022 ISUZU D-max 1.9 double cab. Hierdie bakkie gaan gebruik word ons eerstespan dogtershokkie se toer na Mosselbaai vanaf 31 Maart – 5 April. Hoërskool Swartland is bevoorreg om saam met Fuzion Perdeberg Isuzu te kan werk. In die foto oorhandig meneer Louis Erasmus die sleutels van die motor aan meneer Schoonraad. Baie dankie vir julle ondersteuning! Maak seker jy besoek Isuzu vandag nog vir jóú nuwe wiele.