Hoërskool Swartland krieketuitslae teen Hottentots Holland
ADVERTISEMENT
Hoërskool Swartland het hul laaste wedstryd van die seisoen teen Hottentots Holland gespeel in ‘n 50-beurte wedstryd. Hoërskool Swartland wen die loot en besluit om eerste te kolf. Ons teken 245 aan.
Ons beste kolwers was:
- Carlo van der Merwe 136 van slegs 118 balle.
- Joshua Muller 41.
Hottentots Holland teken slegs 79/10 aan in 36 beurte. Ons beste boulers was: Cobus Steyn met 8/12 na 10 beurte. Hy was ook twee keer op ‘n driekuns.Hoërskool Swartland wen die wedstryd met 166 lopies. Baie geluk met ‘n suksesvolle seisoen, spelers en afrigters. Julle hou Swartland se naam hoog.