Hoërskool Swartland krieketspeler presteer
ADVERTISEMENT
Sagren Papier (graad 12) vertrek Saterdag, 22 April, saam met ‘n toergroep van Travel & Sport na Dehli, Indië, om te gaan krieket speel. Behalwe vir die drie wedstryde wat hulle gaan speel, gaan hulle ook baie besienswaardighede besoek. Die hoogtepunt van die toer is die IPL-wedstryd tussen Rajasthan Royals en Chennai Super Kings. Hoërskool Swartland wens jou alle sterkte toe, Sagren. Ons hoop jy geniet dit.