Hoërskool Swartland fietsry leerder hou skoolnaam hoog
ADVERTISEMENT
Devinique Cleophas het die naweek deelgeneem aan die “Tour de PPA” wat in Durbanville plaasgevind het. Sy eindig algeheel 1ste in haar o.17 ouderdomsgroep met ‘n tyd van 03:11:13 vir die 79km wat sy gery het. Sy vorm dus ook deel van die top 10 in die dogtersafdeling, en algeheel 110de uit die 320 atlete wat dié dag deelgeneem het. Baie geluk met hierdie merkwaardige prestasie, Devinique!
