HS Porterville leerders besoek Ierland
Gedurende die vakansie het 5 van Hoërskool Porterville se rugbyspelers, Ayron Theunissen, Eely Pieters, Nashwin Mbula, Derron van Wyk en Michael Giliomee, as deel van die Swartland 0/16 span Ierland besoek.
Mnr. Cobus Louw het hulle vergesel. Hulle het wedstryde gespeel in Dublin, Cork en Limerick en al drie gewen.
Hulle het ook ‘n rugbymuseum besoek en oud-Sharkspeler, BJ Botha, ontmoet wat nou vir Munster Ierland speel.