Goud vir Hoërskool Swartland stapper
ADVERTISEMENT
Emma Hartley het op 5 Augustus deelgeneem aan die WP Grand Prix stapwedloop te Youngsfield vir o.18’s en Dames Ope. Emma wen hierdie wedloop en verower ‘n goue medalje. Emma is ‘n voorbeeld dat harde werk altyd beloon word. Baie geluk! Hoërskool Swartland is trots op jou!