Op die AWSUM rusbank met Langenhoven Gimnasium se Hoofseun vir 2022
Op die AWSUM rusbank met Langenhoven Gimnasium se Hoofseun: Liano da Silva
Baie geluk met jou verkiesing as hoofleier by jou skool. Waarna sien jy die meeste uit tydens jou tydperk as leier by jou skool? Ek sien daarna uit om `n eenheidsgevoel te skep en almal te laat deel voel van die “groter prentjie”. Ek sien uit daarna om elke dag `n verskil in iemand se lewe te maak en om te lei met voorbeeld.
Wat sou jy sê is jou sterk- en swakpunte?
- Sterkpunte: Ek is `n baie regverdige persoon en ek is ook baie hardwerkend.
- Swakpunte: Ek sukkel soms om hulp te aanvaar en ek is geneig om soms te vooroordeel.
Is daar enige iets wat jy graag sou verander by jou skool? Dat alle klaskamers waaiers sal hê. (Oudtshoorn kan nogals warm word)
Wat geniet jy die meeste van jou skool? Almal word gelyk behandel. Jy voel nooit minderwaardig in enige situasie nie. Ek hou ook baie van die gees in die skool. Ek hou ook daarvan dat almal betrokke is. “’n Betrokke Gimmie is `n gelukkige Gimmie”
Enige boodskap van aanmoediging vir jou mede-leiers?
- Moenie bang wees om te vra vir hulp nie.
- Dit is oraait om `n fout te maak. Leer daaruit.
- Vertrou in jouself.
- Lei met voorbeeld.
- Doen ekstra moeite in alle aspekte van jou lewe.
- Bou menseverhoudinge.
Wie is jou rolmodel?
- Johann Muller (oud-hoofseun van Langenhoven Gimnasium)
- Mnr. S. Potgieter (skoolhoof van Langenhoven Gimnasium)
As jy n super-hero kon wees, wie sou dit wees en waarom? Superman natuurlik. Ek meen, wie sal níe wil vlieg nie??
Op `n normale Saterdag (sonder die pandemie) sal jy my kry… op n sportveld of besig om landloop te hardloop saam met my spanlede.
Wie is jou Hollywood ‘celeb crush’? Ek sal nie regtig sê dat ek so iets het nie, maar as ek moes kies sal dit seker Emma Watson wees omdat ek van Harry Potter hou.
Kies een:
- Netbal, Rugby, Krieket, Hokkie: Rugby
- Cappuccino, warm sjokolade, tee: Cappuccino
- Braai saam met vriende, wegneemete: Braai saam met vriende
- Vir ure lank jou gunsteling TV-reeks kyk, musiekfees bywoon: Vir ure lank my gunsteling TV-Reeks kyk
- Android, iOS: Android