Op die AWSUM rusbank met Langenhoven Gimnasium se hoofdogter vir 2022
Op die AWSUM rusbank met Langenhoven Gimnasium Oudtshoorn se hoofdogter: Franke du Plooy
Waarna sien jy die meeste uit tydens jou tydperk as leier by jou skool? Ek is opgewonde om ons alreeds goeie skool na hoër hoogtes te lei, saam met ‘n uitnemende en diverse groep leiers. Ek is ekstaties oor die nuwe graad 8’s, maar ook oor elke projek en uitreik.
Wat sou jy sê is jou sterk- en swakpunte?
- Sterkpunte: hardwerkend, entoesiasties, vriendelik en eerlik.
- Swakpunte: perfeksionisties, ewige opportunis.
Is daar enige iets wat jy graag sou wou verander by jou skool? Ek sal graag wil voortbou op die omgee-kultuur en goeie dissipline van Gim. Ek sal graag nuwe tradisies wil begin, elke leerder spesiaal laat voel en betrokke wil maak.
Wat geniet jy die meeste van jou skool? Verseker die feit dat jy die geleentheid kry om persoonlike verhoudings met onderwysers en mede-leerders te bou. Ek voel deel van ‘n familie – een wat my sterkpunte omhels, en my help om aan my swakpunte te werk.
Matriek is jou laaste jaar – vanuit ‘n akademiese oogpunt, wat sal jy graag wil bereik? Ek wil graag my beste lewer in elke toets en assessering! Ek wil graag deurlopende harde werk toon in al my vakke. Ek wil Gimmies en onderwysers trots maak in die eindeksamen.
Enige boodskap van aanmoediging vir mede-leiers: Jy het baie spesifieke gawes en talente ontvang – gebruik dit en woeker daarmee! Moenie moeg word om goed te doen nie – deursettingsvermoë is van kardinale belang.
Wie is jou rolmodel? My ma – haar sagmoedigheid, diensbare hart en voorbeeld van liefde inspireer my daagliks. Jannike, my beste vriendin – ek bewonder haar sensitiwiteit en omgee-hart. Net om 2 te noem – daar is vele meer!
Wat is jou planne vir na skool? Ek wil baie graag medies (MBChB) by Universiteit van Stellenbosch gaan studeer.
As jy ‘n superhero kon wees, wie sou dit wees en waarom? Wonder Woman, want ek sal my bonatuurlike kragte gebruik om die mense rondom my te beskerm teen alle gevaar!
Op ‘n normale Saterdag sal ons jou kry… in die natuur saam met vriende en familie!
Wie is jou Hollywood celeb crush? Tim Tebow.
Kies een:
- Netbal, rugby, krieket of hokkie? Netbal
- Cappuccino, warm sjokolade of tee? Cappuccino
- Braai saam met vriende of ‘n wegneemete? Braai
- Vir ure lank jou gunsteling TV-reeks kyk of ‘n musiekfees bywoon? Musiekfees
- Android of iOS? iOS