Laerskool Wesbank leerder speel uitstekende tennis

Laerskool Wesbank leerder Fourie Delport het onlangs deelgeneem aan die Trio TSA Junior Mini-Masters Toernooi in Kaapstad. Slegs die top 6 gekeurde spelers in die land, in elke ouderdomsgroep, kwalifiseer vir hierdie toernooi. Fourie het algeheel 4de geëindig in die seuns o.12 enkelspelafdeling en is dus die 4de beste o.12 seuns tennisspeler in die land. BAIE trots op jou, Fourie! Pragtige prestasie!