Op die AWSUM rusbank met Hoërskool Punt se hoofdogter vir 2021
Op die rusbank saam met Hoërskool Punt se hoofdogter:Lucia Pauw
Baie geluk met jou verkiesing as hoofleier by jou skool. Waarna sien jy die meeste uit tydens jou tydperk as leier by jou skool? Hierdie jaar is ons skool 100 jaar oud. Ek sien baie uit na al die eeufeesvieringe!
Wat sou jy sê is jou sterk- en swakpunte? Ek is goed daarmee om take te delegeer, om logies te dink en om aan almal se idees aandag te gee. Kreatiewe denke en nuwe idees uitdink is egter nie my sterkpunt nie.
Is daar enige iets wat jy graag sou verander by jou skool? Daar is `n stukkie irriterende plaveisel langs die skool – die teëls is te na aan mekaar om op elkeen te trap en te ver om op elke tweede een te trap. Ek sou daardie paadjie oorplavei.
Wat geniet jy die meeste van jou skool? Die uitsig! Watter ander skoolkind het, soos hulle oor die terrein loop, `n pragtige uitsig oor die hele Mosselbaai?
Matriek is jou laaste jaar- van ‘n akademiese oogpunt, wat sal jy graag wil bereik? Akademie is vir my belangrik. Ek wil graag tot die einde van die jaar `n gemiddeld van bo 90% handhaaf.
Enige boodskap van aanmoediging vir jou mede-leiers? Van hoog na hoër, visse! Ons almal se momentum saam is onkenbaar.
Wie is jou rolmodel? Elke ander hoofmeisie van Hoërskool Punt wat voor my hierdie enorme taak met grasie, verantwoordelikheid en deursettingsvermoë afgehandel het.
Wat is jou planne vir na skool? Verander die wêreld.
As jy ‘n super-hero kon wees, wie sou dit wees en waarom? Tel Nick Fury?
Op ‘n normale Saterdag, sal ons jou kry by… saam met … Ek is `n introvert: op `n Saterdag haal ek asem na die week of spandeer tyd saam met my gesin of naby vriende.
Wie is jou Hollywood ‘celeb crush’? Die outjie wat Netflix in hul nuutste original na ons kant toe gooi.
Kies een:
- Netbal, rugby, krieket of hokkie? Dans
- Cappuccino, warm sjokolade of tee? Tee – hoe meer ek stres, hoe meer tee drink ek. Pasop vir my as ek op my vierde koppie trek.
- Braai saam met vriende of ‘n wegneem ete? Braai beslis
- Vir ure lank jou gunsteling TV-reeks kyk of ‘n musiekfees bywoon? Musiekfees bywoon
- Andriod of iOS? Android